Wie is Terratek?

Die Terratekspan bestaan uit grondkundiges, ‘n GIS-spesialis en ‘n ervare grondtegnikus. Hulle het assosiasies met ’n netwerk van verskeie onafhanklike kundiges wat ervaring in die verbouing van spesifieke gewasse het.

As eerste skakel tussen die kliënt en Terratek bemark hy ook Terratek dienste en tree op as skakelpersoon tussen die kliënt en insetverskaffers uit ‘n raadgewende en fasiliterende oogpunt. Gerald het praktiese  boerdery- ervaring en identifiseer  geleenthede waar booroperateurs ‘n konstruktiewe rol kan speel in boerdery .

Dr Hendrik Smit

Hendrik Smith lewer tans grondkundige insette met spesifieke ondervinding in die studievelde van grondfisika, grondchemie, grondklassifikasie en grondgesondheid. Voorbeelde van grondfisiese navorsing is die gebruik van reënsimuleerders om die grondfaktore wat waterinfiltrasie en waterafloop beïnvloed te bestudeer. In hierdie verband het hy ervaring opgebou oor die invloed van waterkwaliteit van besproeiingswater en industriële uitvloeisels op grond deur middel van besproeiing ,asook die behandeling van grondoppervlaktes om waterinfiltrasie te verbeter. Hy het help skryf aan die 2006 weergawe van die besproeiingswater kwaliteitsdokument wat deur die Departement van Waterwese gepubliseer is.
In die grondchemie veld was hy betrokke by die bepaling en voorkoms van gesondheidsverwante elemente in Suid Afrikaanse gronde, soos byvoorbeeld Mn, Se, Ag ensovoorts. In die verband het hy die beste referaat prys gedurende die 1998 Grondkunde Vereniging van Suid Afrika kongres gewen deur sy aanbieding oor die invloed van Mn op dieregesondheid.
Op die grondklassifikasiefront het hy in Suid Afrika, Botswana, Mali, Demokratiese Republiek van die Kongo, Lesotho en Mosambiek gewerk. Hendrik het die prys gewen tydens die 2010 Grondkunde Vereniging van Suid- Afrika kongres vir die beste referaat in terme van die toepassing van innoverende tegnologie in grondkartering.
In terme van grondgesondheid is Hendrik is besig om saam met NviroTek die verskillende metodes vir die kwantifisering van grondgesondheid te ondersoek. NviroTek is die eerste laboratorium in Suid Afrika wat die metodes van grondgesondheidsbepalings intensief met Suid-Afrikaanse proefgronde ondersoek.

man-by-boormasjien man-met-grond

Jeanine Saunderson

is die GIS-spesialis by Terratek. Haar take sluit datavaslegging,  databasisontwerp, datahersiening, topografiese strukturering, landskapklassifikasie, geo-verwysde data analisering en kaartproduksie in.   Sy doen ook bemarking en kliëntskakeling in verband met kliëntversoeke en ander algemene kommunikasie.

James Dick

is ‘n Terratek tegniese adviseur en onafhanklike konsultant gebaseer in die Wes-Kaap. Hy spesialiseer in bemesting en plaagbeheer van vrugteboorde soos sitrus, druiwe en ander vrugtegewasse maar hy is ook kundig in terme van voeding en plaagbeheer van groentegewasse soos tamaties, pepers en aarbeie. Hy het as gevolg van sy kennis van plantvoeding, baie ondervinding in kunsmisaanbevelings en hou ook ‘n oudit kwalifikasie soortgelyk aan die AVCASA kwalifikasies benodig vir Global Gap. James het ook al in Engeland in dieselfde rigting gewerk.