Meer oor ons

VISIE

GESKIEDENIS

SEDERT SY ONTSTAAN IN 1909 het Suidwes Beherend gegroei in ‘n groot en gerespekteerde landboubesigheid, geografies een van die grootste landboubesighede in Suid Afrika, wat diens lewer aan ‘n gebied van 13.5 miljoen hektaar.

VISIE

By Suidwes skep ons welvaart en waarde vir ons lede, kliënte e personeel deur die toepassing en uitbreiding van on unieke besigheidsmodel, op plaaslik, nasionale en internasionale vlak.

MISSIE

Suidwes belê in die landbouwaardeketting, verskaf toepaslike landbou- produksie-insette, dienste en marktoegang op ’n geïntegreerde wyse; is in vennootskap met produsente; en met uitstekende kliëntediens en dinamiese, innoverende personeel word waarde vir kliënte toegevoeg en ’n opbrengs vir aandeelhouers gewaarborg.

WAARDES

  • Integriteit
  • Billikheid
  • Betroubaarheid
  • Lojaliteit
  • Eerbaarheid
  • Respek
  • Konsekwentheid
  • Etiek

VORIGE LOGO’S VAN DIE MAATSKAPPY

SUIDWES BELEGGINGS BEPERK is ‘n landbou-beleggingsmaatskappy wat op 16 Augustus 1909 gestig is met die registrasie van die Wolmaransstad Coöperatieve Landbouw Vereeniging. In die laaste honderd jaar vertolk Suidwes Landbou ‘n toonaangewende rol in verskeie areas van die Suid-Afrikaanse landbou. Dit het ontwikkel van ‘n klein koöperasie na ‘n moderne, toekomsgerigte en tegnologies-gevorderde eerstewêreldse landboumaatskappy, wat saam met sy filiale, een van die grootste landboumaatskappye in Suid-Afrika is.

Vorige-logos-4-up(www)