AgriCapital – Suidwes Finansiering

Dr Flipppie Cloete

Waarnemende HUB: AgriCapital
T: (018) 581 1016
[email protected]

  • KONTAK ONS

    AgriCapital se span is gereed om alle navrae te hanteer.

AgriCapital ondersteun jou met die volle spektrum finansierings- en versekeringsdienste en -produkte. AgriCapital is die naam wat jy kan vertrou vir al jou finansiële benodigdhede en behoeftes.

AGRICAPITAL beskik oor ‘n volledige mandjie finansieringsprodukte om boere en sekondêre landbou-ondernemings met finansiering by te staan. Die kundige personeel by AgriCapital, die uiters kompeterende finansieringskoste, sowel as pasgemaakte finansieringsportefeuljes vir kliënte, maak Suidwes die leiers in landboufinansiering. Dié kundige span kan kliënte oor alle finansieringsbehoeftes adviseer.

Daar is tans elf Verhoudingsbestuurders, versprei oor Suidwes se bedieningsgebied, om optimale dienslewering te verseker. Kontak AgriCapital se Verhoudingsbestuurders en vind self uit hoe ons ‘n bydrae tot u langtermyn volhoubare besigheid kan maak.

FINANSIERINGSPRODUKTE

Wentelkrediet

Hierdie produksiefasiliteit is hoofsaaklik beskikbaar vir kontantkopers en Suidwes se top kliënte. Dit stel die kliënt in staat om insetmiddele direk by verskaffers te koop. Met hierdie produk sit Suidwes dus kontant in die kliënt se hand.

Produksiekrediet (somer en winter)

Dié fasiliteit verleen primêr krediet aan gewasprodusente vir die aankoop van produksiemiddele.

Kontrakfinansiering

Dié produk is beskikbaar vir kliënte wat produksierisiko deur insetdekkingsversekering en prysrisiko deur SAFEX wil verskans en voorseisoen leweringskontrakte met Suidwes Graan wil sluit. Die Force majeure , wat standaard ingesluit is by dié produk, gee kliënte verdere gemoedsrus.

Langtermynlenings

Hierdie produk help boere, met lewensvatbare en volhoubare boerderye, om hulle totale skuld by ‘n bestaande finansierder oor te neem, en die afbetaling daarvan oor ‘n langer termyn te skeduleer. Dit kan bydra tot die kliënt se suksesvolle voortbestaan. Die produk kan gebruik word om addisionele grond te finansier vir die boer wat sy boerdery wil uitbrei. Die termyn van so ‘n lening kan oor 15 jaar strek.

Veelenings

AgriCapital het twee pasmaak-produkte vir die finansiering van vee-aankope:

  • Vir die aankoop van aanteelvee, kan ‘n lening vir ‘n termyn van vyf jaar geskep word met jaarlikse paaiemente (kapitaal plus rente).
  • Vir die aankoop van speenkalwers en speenlammers vir spekulasie, kan ‘n lening vir ‘n termyn van twaalf maande geskep word.

Huurkope

Hierdie skema staan kliënte finansieël by met die aankoop van duursame kapitaalgoedere, byvoorbeeld voertuie en implemente. Die tipe item en ouderdom daarvan bepaal die termyn, sowel as die depositobedrag benodig.

Hulpbronverbetering

AgriCapital bied kliënte lenings om die koste van chemiese regstelling van grond, sowel as koste wat aangegaan word om marginale lande om te skakel na weiding oor ‘n termyn van 4 jaar te finansier. Sekere bepalings en voorwaardes geld egter hier.