Menslike Hulpbronne

Thys Neethling

Groep Bestuurder: Menslike Hulpbronne

TEL: 018 5811291
[email protected]
liggroenblou

gim-logo(www)

PERSONEEL lidmaatskap >>

PUBLIEK lidmaatskap >>

Kontak Mari van der Colf vir meer inligting.
TEL:  (018) 581 1006
[email protected]

liggroenblou

Suidwes Landbou is ‘n Vlak 5 SEB-maatskappy

Suidwes Beleggings (Edms) Bpk SEB-sertifikaat

Vakleerlinge – Kontak

Riekie du Preez
[email protected]

Aspirant landbouers ontvang ‘n skenking van Suidwes vir verdere opleiding.

Aspirant landbouers ontvang ‘n skenking van Suidwes vir verdere opleiding.

SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID

‘n Bedrag van R1 062 034 is in die gemeenskap spandeer op donasies en borgskappe vir die volgende instansies:

  • Opvoedkundige instansies
  • Gemeenskapsprojekte
  • Boeredae
  • Gemeenskapsfeeste

Suidwes skep geleenthede vir opleiding en vaardigheidsontwikkeling aan voorheen-benadeelde werklose mense, naamlik:

  • 12 maande leerlingskapkontrak
  • 12 maande landbouvaardigheidsopleiding vir 20 aspirant landbouers uit die gemeenskap

SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING

‘n Belangrike fokusarea binne die Suidwes Groep is die proses van ekonomiese en sosiale transformasie in Suid-Afrika. Swart ekonomiese bemagting word op verskeie vlakke binne die organisasie gedryf, naamlik:

Vaardigheidsontwikkeling: Die leerlingskap-program bied geleenthede aan voorheen-benadeelde werkers om hulself verder te ontwikkel en as leerlinge onder ervare en vaardige mentors te werk terwyl hulle in die werkplek opgelei word.

Opvolgbeplanning: Vaardigheidsbeplanning vorm die eerste tree in die proses van opvolgbeplanning. Kritiese vaardighede is geidentifiseer in onder andere die volgende areas: graanhantering, trekkerwerktuigkunde, onderdelekundigheid en kleinhandelwinkelbestuur.

Die Suidwes Raadplegingsforum verteenwoordig werknemers, die vakbond Solidariteit en bestuur. Dié forum vergader kwartaaliks en daar word gefokus op diensbillikheid en opleiding.

Aandeelhouding: Deur middel van die Kimama Investments (Edms) Bpk, is daar aan werknemers die geleentheid gebied om aandele te bekom in die maatskappy. In die Personeeltrust besit die swart werknemers 75,1 % belang en die blanke werknemers 24,9 % belang.

Deur middel van Katleho Investment (Edms) Bpk, is daar aan die vroulike werknemers verder ‘n geleentheid gebied om aandele te bekom in hierdie Maatskappy. In die vrouepersoneeltrust besit die swart vroulike werknemers 76% belang en die wit vroulike werknemers 24% belang. Verder besit Katleho Investment ook 51% belang in Suidwes IT Oplossings (Edms) Bpk.

Soos die Wet vereis, is die werksplekvaardigheids- en die diensbillikheidsverslag betyds ingedien by onderskeidelik AgriSeta en die Departement van Arbeid.

Die fokus van die SEB-telkaart is op die verbetering van administrasie om aan die vereistes van die sertifiseringsowerheid te voldoen.

TELKAART

Suidwes is ‘n Vlak 6 SEB-bydraer

Laai SEB-sertifikaat hier af >>

Element Werklike punt Geweegde punt
Eienaarskap 9.18 48
Bestuursbeheer 2.57 11
Billike indiensneming 0.00 13
Vaardigheidsontwikkeling 9.00 22
Voorkeuraankope 14.00 20
Besigheidsontwikkeling 10.00 12
Sosiale ekonomiese ontwikkeling 2.92 13
TOTAAL 47.67 139

Menslike Hulpbronne

Om ‘n gemotiveerde en vaardige werkerskorps te verseker, fokus Suidwes Landbou op effektiewe menslike hulpbronbestuur, geleenthede vir groei en ontwikkeling, werknemergesondheid en -verhoudings.

Menslike hulpbronbestuur

Billike indiensnemingspraktyke, gereelde hersiening van beleide en prosedures, toepaslike beheermaatreels en stelsels en die toepassing van arbeidsverwante wetgewing verseker ‘n werksomgewing waar personeel die geleentheid gebied word om sy kennis en vaardigheid uit te leef.

Geleentheid vir groei en ontwikkeling

•  Suidwes investeer in die ontwikkeling van sy werknemers se vaardighede en kennis. Nuwe personeel word blootgestel aan ‘n volledige personeelbekendstellingsprogram en ontvang tydens aanstelling ‘n volledige taaklys.

•  Suidwes bied studielenings en -beurse aan werknemers en hul families.

•  Formele opleiding by tersiêre instansies sluit verskeie vlakke van bestuurs- en spesialisopleiding in.

Met vaardigheidsopleiding, deur middel van leerlingskappe, streef Suidwes daarna om ‘n pyplyn van kundigheid binne die organisasie te vestig wat poste wat vakant raak kan vul en wat ‘n hoë prestasiekultuur handhaaf.

Danksy volledige voldoening kwalifiseer Suidwes vir alle beskikbare befondsing van die Agriseta. Benewens spesifieke eise, kwalifiseer Suidwes vir diskresionêre toelaes wat deur Agriseta vir bykomende opleiding en vir indiensneming van leerlingskappe toegeken word.

In-huis opleiding soos o.a. rekenaarvaardighede, inter- en intrapersoonlike vaardighede, effektiewe klantediens, produk- en kleinhandelopleiding bied aan werknemers die geleentheid om hulself te bemagtig om sodoende pro aktief aan klante se behoeftes te voldoen.

Dis ook ons strewe om hoogs vaardige en presterende werknemers te trek, te ontwikkel en te behou. Suidwes strewe na ‘n werksomgewing wat meewerk om diverse en vaardige mense te trek en moedig hulle aan om daarna te streef om hul volle potensiaal binne Suidwes te bereik.

Daar bestaan fasiliteite vir hulpfondslenings aan permanente werknemers waarvolgens die maksimum bedrag nie 60% van die werknemer se kontant salaris mag oorskry nie.

Werknemergesondheid en aftreevoorsiening

Mediese voordele: Daar is drie mediese fondse wat aan werknemers die voordeel bied om ‘n opsie te kies wat aan elkeen se eiesoortige behoeftes voldoen. Suidwes het nie enige na-aftrede mediese subsidie-verpligting teenoor huidige of afgetrede werknemers nie.

In Oktober 2012 is ‘n volledig-toegeruste gimnasium geopen vir gebruik deur personeel en hul families.

Die Groep plaas ‘n groot premie op die voldoening aan die Beroepsgesondheidstandaarde vir werknemers.

Aftreevoorsiening: Suidwes het gedurende 2012/2013 verander van ‘n losstaande pensioenfonds na ‘n sambreelfonds. Die verandering het groot kostebesparings meegebring ten opsigte van administratiewe koste en risikovoordele.

Die werkgewerbydrae is deel van die werknemer se totale koste van indienshouding. Suidwes Landbou is ook ‘n deelnemende werkgewer aan die voorsorgfonds vir die graanbedryf.

Werknemerverhoudinge

Werknemerverteenwoordiging in maatskappye beskerm die belange van sy lede deur interaksie met die Maatskappy se bestuur. So het werknemers ‘n amptelike stem. Suidwes se dissiplinêre aksies voldoen aan wetlike vereistes sodat daar billik teenoor die werknemer, maar ook teenoor die werkgewer opgetree word. Daar is goeie verhoudinge met die verteenwoordigende vakbonde en die CCMA.