Suidwes Handel

Patrick Nelissen

Hoof Operasionele Beampte: Handel
T: (018) 581 1232
S: (083) 447 9286
[email protected]

Ludi van Heerden

Bedryfsbestuurder: Handel

T: (018) 581 1130
[email protected]

SUIDWES HANDEL het 20 handelstakke en een veevoerdepot wat deur Suidwes se bedieningsgebied versprei is om te verseker dat boerderybenodigdhede gerieflik vir klante beskikbaar is. ‘n Span toegewyde aankopers verseker dat ‘n wye verskeidenheid produkte beskikbaar is wat aan alle klante se behoeftes sal voldoen.

Van die produkte wat beskikbaar is, is onder andere:

    • veevoer en veemiddels;
    • saad, kunsmis en plantplaagbeheer;
    • algemene hardeware en gereedskap;
    • brandstof, olie en gas;
    • besproeiingsbenodigdhede;
    • boumateriaal;
    • ‘n wye verskeidenheid omheiningsmateriaal;
    • tuingereedskap en -benodigdhede; en
    • ander landboubenodigdhede.

Suidwes Handel glo in persoonlike diens aan die individu, kundige advies aan klante en ‘n waarde-vir-geld produkreeks. Om klante se koopervaring so aangenaam as moontlik te maak, is die volgende bykomende voordele beskikbaar om aankope te vergemaklik:

    • Express-rekeninge tot en met R20 000 per maand;
    • 30-dae vooraf-goedgekeurde maandrekening; en
    • Kredietfinansieringsfasiliteite.

Suidwes Handel se produkreekse, die aantreklike en sinvolle uitleg van winkels en die kwaliteit van produkte is uniek in die Landboubedryf. Suidwes Handel verstaan dat die behoeftes van klante in verskillende gebiede uniek is en voldoen graag aan hulle voorkeure. Hierdie behoeftes rig die aankoop van produksiebenodigdhede. Elke takbestuurder is verantwoordelik vir sy tak se voorraadbestuur. Daarom is die klant verseker van persoonlike diens en beproefde produkte. Suidwes Handel se kundige bemarkers is ook beskikbaar met raad en inligting oor produkte om klante by te staan om die regte keuse te maak en waarde vir geld te kry.