SUIDWES AANDELE

AANDELE-VERHANDELINGSKAMER

Vir  navrae of hulp met aandele:
Adele Holtzhausen
(018) 581 1191
[email protected]

DOEL

Die verhandelingskamer het die volgende ten doel:

  • Kamer waar die onuitgereikte gemagtigde aandele wat gewaarmerk is vir die uitreiking aan nuwe toetreders gehou kan word.
  • Kamer waar bestaande aandeelhouers hulle aandele te koop kan aanbied en waar voornemende kopers dit kan aankoop.

BEHEER

Die beheer en administrasie van aandele is die verantwoordelikheid van die Groep Hoof Regsbeampte/Groepsekretaris.

NUWE TOETREDERS

Slegs bona fide landbouers kan aandele in Suidwes besit met vooraf goedkeuring van die Direksie van Suidwes. Klante wat kwalifiseer as bona fide landbouers, verdien jaarliks voorkeuraandele teen geen koste op grond van besigheid wat hul met Suidwes doen.

HOE BEKOM ‘N PERSOON AANDELE?

‘n Voornemende Koper (nuwe toetreders of bestaande lede) kan Suidwes Beherend aandele wat in die verhandelingskamer deur bestaande aandeelhouers te koop aangebied word, koop teen die prys waarvoor dit deur ‘n verkoper in die verhandelingskamer te koop aangebied word.

Aandele kan vanaf bestaande aandeelhouers aangekoop word.

  • In albei bovermelde gevalle is betaling van seëlregte ter waarde van 0.25% van die koopprys van die aandele deur die koper van die aandele betaalbaar. Geen BTW is op seëlregte betaalbaar nie. Daar is ook ‘n administrasiefooi per transaksie gelykstaande aan 1% van die verkoopprys (transaksiewaarde) by elke oordrag van toepassing. Die administrasiefooi sal van tyd tot tyd deur die Direksie van Beherend verander en goedgekeur word.)
  • Aandele kan ook bekom word deur middel van die Aansporingkortingskema vir boere. Klante wat nie gewone aandeelhouers van Suidwes Landbou is nie, se eerste kortings sal eers aangewend word om die minimum aantal gewone aandele te bekom naamlik 40,000 gewone aandele, waarna voorkeuraandele bekom word. (Sien aparte dokument oor Aansporingkorting- en Agterskotskema vir boere)