AANSPORINGSKEMA

AANSPORINGSKORTING- EN AGTERSKOTSKEMA VIR BOERE

Wat is ‘n kortingskema?
• Suidwes Landbou betaal sy klante jaarliks ‘n aansporingskorting gelykstaande aan 80% van die Maatskappy se wins voor belasting.
• Die korting per klant word bepaal deur die sake gedoen met Suidwes Landbou, op grond van die wins per transaksie.
• Die korting word in twee dele betaal, naamlik;
– 20% in kontant; en
– 80% in die vorm van voorkeuraandele in die Maatskappy.

Hoekom ‘n kortingskema?
• Aandeelhouersprofiel van Suidwes Landbou verouder.
• Jongboere belê nie in primêre landbou met dieselfde risiko’s nie.
• Geleentheid vir jongboere om ‘n aandeel en invloed in ‘n Landboumaatskappy te bekom sonder om aandele te koop.
• Die langtermyn gevolg van die skema is dat die grootste klante die grootste aandeelhouers sal wees en dus die Maatskappy sal beheer.

Voordele van die skema:
Die skema gee aan jong boere die geleentheid om ‘n aandeel in ‘n Landboumaatskappy te ontvang sonder om kontant daarvoor te betaal.
• Die skema maak die aktiwiteit van Suidwes Landbou ‘n verlengstuk van die boerdery.
• Die aandeel in Suidwes versterk outomaties die klant se balansstaat.
• Die klant bou “pensioen”, wat ook dien as eersteklas sekuriteit vir finansiering.
• Die grootste klant het die grootste invloed in die Maatskappy.

Wie kwalifiseer vir die kortingskema?
• Enige bona fide-boer wat ‘n klant van Suidwes Landbou is, sal jaarliks vir ‘n korting kwalifiseer.
• ‘n Bona fide-boer is enige boer wat binne die grense van die RSA boer en wat vir BTW, onder bylaag 7 van die Inkomste Belastingwet, geregistreer is.

Hoogtepunte van die kortingskema:
• Die korting word jaarliks, na afloop van die finansiële jaar op 30 April bereken.
• Twintig persent van die korting word in kontant uitbetaal, terwyl die res aangewend word om ‘n aandeel in die Maatskappy te bekom.
• Klante wat nie gewone aandeelhouers van Suidwes Landbou is nie se eerste kortings sal eers aangewend word om die minimum aantal gewone aandele te bekom, naamlik 40 000 aandele.
• Nadat ‘n boer 40 000 gewone aandele in Suidwes Landbou hou, sal voorkeuraandele teen R5.00 per aandeel uitgereik word.
• Die voorkeuraandele word afgelos by aftrede, afsterwe of na 15 jaar, teen die uitgereikte waarde, tensy aflossing geskied voor die 15 jaar periode verstryk het, in welke geval die prys verdiskonteer word.

Waarop word korting betaal?
• Die skema sal van toepassing wees op Suidwes Landbou se finansiering, handel, meganisasie en graanopberging en – hantering aktiwiteite.

Navrae:
Meer detail oor die skema kan verkry word van enige bedryfspuntbestuurder van Suidwes Landbou of van:
• Derék Linde by 018 581 1000 of [email protected] [email protected]