Wat bied TERRATEK?

Boormasjien

Masjien

Onafhanklike landboudienste – Steeds tot u diens
Om te meet is om te weet”

TERRATEK is ‘n onafhanklike landbou- en omgewingskundige diensafdeling. Die hoofdoel van TERRATEK is om tegniese ondersteuning aan produsente te verleen om maksimum wins te bewerk. Die plaaslike span word ondersteun deur geassosiëerde onafhanklilke deskundiges.

Die volgende spesialisdienste word deur TERRATEK gelewer:
•    Grondklassifikasie deur middel van die Suid-Afrikaanse grondklassifikasiestelsel;
•    Opmeet van infrastruktuur van plase deur middel van akkurate GPS-toerusting;
•    Grondmonsterneming vir presisie- en  ander kleinskaalopnames;
•    Grondchemiese evaluasie  in terme van bemestingsaanbevelings, regstelling van grondsuurheid, regstelling en herwinning van besoedelde grond, regstelling en herwinning van gerehabiliteerde myngronde:
•    Besproeiingswaterkwaliteits aanbevelings;
•    Die gebruik van geografiese verwysde inligtingssagteware vir die opstel van alle kaarte (GIS);
•    Die bepaling van grondgesondheid;
•    Die evaluasie van die invloed van bewaringsboerdery op grondgesondheid en;
•    Meting van voorseisoengrondwater deur middel van ‘n neutronmeter en opstel van plantbeskikbare grondprofielwaterkaarte.

Meting van Plantbeskikbare Water – die grootste beperkende faktor vir mielieproduksie in die somerreënvalgebied.
Die belangrikste kwelvraag in droëlandboerdery in Suid Afrika is sekerlik die hoeveelheid plantbeskikbare water wat in die grond teenwoordig is voor plant.  Suid Afrikaanse droëland mielieboere plant in die somerreënvalgebied op droë grondprofiele met die hoop dat genoeg reën sal val om ekonomiese opbrengste te behaal. Enige addisionele plantbeskikbare water in die grondprofiel sal die mielieproduksie risko vir die nuwe seisoen, verlaag. TERRATEK meet die plantbeskikbare water in die grondprofiel en stel produksieinligting en kaarte saam vir die produsent om te besluit of lande geplant of oorgelê moet word vir die nuwe seisoen.
Kontak TERRATEK vir kwotasies en verdere navrae:
018- 581 1269
Kontak gerus die span:
Dr. Hendrik Smith – Grondkundige (083 740 0297)
Gerald Dunhin – Snr Boortegnikus   (082 808 4431)
Jeanine Saunderson – GIS-tegnikus   (018 581 1269)