4kleur-banner-soedan(www)

Suidwes in Soedan

In Mei 2012 begin Terratek met onderhandelinge met ‘n Abu Dhabi maatskappy (Jenaan Investments) vir ‘n groot besproeiingsontwikkeling in die Noorde van Soedan. In Mei 2013 word die voorlopige ooreenkoms tussen die voorsitters van Jenaan Investments en Suidwes (die houermaatskappy van Terratek) in Suid Afrika geteken. In November 2013 word die kontrak tussen Jenaan Investments en Suidwes Landbou by ‘n media byeenkoms tydens die SIAL Midde-Ooste Skou in Abu Dhabi geteken.

Die ondertekening van hierdie ooreenkoms plaas Suidwes Landbou en al sy filiale (Agrinet, Graan, ens.) en sy aandeelhouers binne die internasionale landbou-arena. Terratek Internasionaal/Suidwes Landbou begin hiermee sy rol as landboukundige raadgewer, strategiese klankbord, optimaliseerder en vennoot binne elke projek van Jenaan Investments in Noord-Afrika en die Arabiese wêreld vervul. Dit het geleenthede, projekte en markte in ontwikkelende fokuspunte in die wêreld ontsluit, wat andersins grootliks vir die Suid-Afrikaanse landboubesigheidswêreld geslote sou wees.

Internasionale vertroue in Terratek

IB-Soedan-se-baas(www)

IB Oosthuizen, pas aangestelde direkteur van landbou by Jenaan Investmnets, sal voortaan in Kartoem gesetel wees

Die verhouding tussen Suidwes Landbou en Jenaan Investments het onlangs na ‘n volgende vlak beweeg. IB Oosthuizen is aangestel as Jenaan se direkteur van landbou en sal voortaan in Kartoem gesetel wees.

Hierdie aanstelling beteken dat IB nie meer op die projek in Soedan sal werk nie, maar verantwoordelik sal wees vir al Jenaan se landbouprojekte. Dit is ‘n bewys van die algehele vertroue wat Jenaan in Suidwes en Terratek se personeel stel.

Volgens die Hoof uitvoerende beampte van Suidwes Landbou, Louis Smit, bring dit ‘n hele klemverskuiwing in Suidwes se rol in Abu Dhabi:
“Suidwes was tot nou toe in ‘n adviserende hoedanigheid betrokke om opbrengste te maksimeer. Ons is egter nou vennote om opbrengs te optimaliseer. Ons is ook baie trots op IB Oosthuizen met hierdie prestasie.”

Volg verwikkelinge in Soedan hier http://sudan.africum.biz/

Oorhoofse besproeiingstelsels maak produksie van gewasse in die woestyn moontlik.

Oorhoofse besproeiingstelsels maak produksie van gewasse in die woestyn moontlik.

Louis Smit (HUB) op 'n besoek aan Soedan het die plaaslike inwoners van nader leer ken.

Louis Smit (HUB) op ‘n besoek aan Soedan het die plaaslike inwoners van nader leer ken.

Vervoermiddels in die woestyn.

Vervoermiddels in die woestyn.

Werknemers van Jenaan Investments word gereeld opgelei om op die projek te werk.

Werknemers van Jenaan Investments word gereeld opgelei om die landbou-implemente te hanteer.