Africum
Africum is die sambreelmaatskappy waaronder Africum Commodities, Agrinet, NviroTek Labs, NWET, Suidwes-Makelary, Raddix en Protek bedryf word.
Africum Commodities
Africum Commodities fokus op die verkryging en verhandeling van mielies, koring, sonneblom, sojabone en graansorghum en dryf handel in ‘n dinamiese, uitdagende en hoogs-mededingende omgewing binne die nasionale en internasionale graanmarkte. Suidwes Graanbemarking se doel is om bemarkingsalternatiewe en gemoedsrus binne hierdie hoogs-mededingende omgewing aan die kliënte te bied.
Die graanbemarkingspan is altyd in kontak met nasionale en internasionale markte en is op die hoogte met mark- en prystendense en die nuutste verhandelingstegnologie. So trek kliënte voordeel uit die tegnologie en verhandelingsopsies.
Tegnologie stel Suidwes Graan in staat om tydig kontrakte te sluit en die verhandelingsproses so moeitevry as moontlik te maak. Suidwes Graanbemarking is bewus van die risiko’s wat die graanmarkte inhou, asook die uitdagings en geleenthede wat dit bied. Derhalwe kan ons kliënte ‘n wye verskeidenheid bemarkingsdienste bied soos:
-
Kontraktering van fisiese graan
- Daaglikse markverwante kontantpryse vir graan.
- Voorseisoen-kontrakte
- Vooruitkontrakte
- Bemarking van fisiese graan
- Vervoer van kommoditeite
- Gestruktureerde bemarkingsplanne vir graan
- Finansiering van graan
Die bostaande dienste is gefokus op die kliënt se spesifieke graanbemarkingsbehoeftes. Ingeligte verkrygers is gereed om transaksies te fasiliteer om so aan ons kliënte kundige diens en toegang tot die graanmarkte te bied. Suidwes Graan het verskeie graanleweringskontrakte beskikbaar op ‘n deurlopende basis. Suidwes se graanbemarkingspan word ondersteun deur professionele en effektiewe administratiewe – en logistieke afdelings. Toegewyde, ervare silobestuurders voltooi die ondersteuningsnetwerk en bied ‘n gerieflike “eenstop-diens aan kliënte”. Suidwes Graanbemarking beskik verder oor uitgebreide markinligting, wat kliënte kan help om ingeligte bemarkingsbesluite te neem.
Kontak u naaste Verkryger of Silobestuurder in die verband.
Agrinet verskaf en versprei industriële produkte, algemene handelsware en besproeiingsprodukte aan die kleinhandel en industriële markte in sub-Sahara Afrika.
Agrinet slaan munt uit ekonomieë van skaal, die deurlopende optimale gebruik van die waardeketting tussen die vervaardiger en die winkel en die direkte betrokkenheid in die verbeterde posisie van die winkel in die Agrinetketting.
Agrinet is direk betrokke by meer as 500 landbouwinkels in Suid-Afrika. Dit maak die maatskappy `n toonaangewende verskaffer van besproeiingsprodukte en algemene industriële goedere op `n groothandelvlak in die streek.
Yollande Brits
HUB: Agrinet
T: (012) 657 2000
Besoek die webwerf www.agrinet.co.za
NviroTek Labs ,‘n onafhanklike Landbou laboratorium, is in Augustus 2008 in die Noordwes Provinsie gevestig. Alhoewel dit aanvanklik ‘n inisiatief van Suidwes (via Terratek) en ‘n ander presisieboerderygroep was, word die laboratorium as onafhanklike maatskappy bedryf. Alle analitiese dienste (wat ontledings van grond, water, kunsmis, kalk, veevoer, kompos, groeimedium en plante insluit) word aan die breë landbousektor regoor Suider-Afrika aangebied. Monsters word via ‘n koerierdiens na die laboratorium vervoer.
NviroTek bly in pas is met internasionale standaarde deur affiliasies met laboratoriums in Amerika en Australië. Daar word jaarliks meer as 170 000 monsters hanteer en NviroTek word volgens internasionale norme as ‘n Mega-laboratorium geklassifisieer.
Die maatskappy beskik oor ‘n uiters ervare span personneellede wat bewese ondervinding in Landbou-laboratoriumtegnieke het en die vereistes van die verskillende sektore van die bedryf verstaan. Die reeks van ontledings word gereeld uitgebrei om aan die veranderende behoeftes van kliënte te voldoen. NviroTek het ook die eksklusiewe lisensie van Agvita in Australië bekom om spesialis-analises op ‘n wye verskeidenheid van gewasse aan te bied.
Boere, agente, landboumaatskappye en adviseurs gebruik laboratoriumresultate in hul besluitneming oor:
- hoe grond vir optimale oesopbrengste bemes moet word
- die kwaliteit van water vir besproeiing en geskiktheid vir menslike/dierlike gebruik
- die samestelling van veevoere, kunsmis en kalkbronne
- watter blaarvoedings gedurende die groeiseisoen toegedien moet word.
Die laboratorium is lid van AgriLASA (Agri-Laboratorium Assosiasie van Suider-Afrika) en neem in al die ontledingsdissiplines deel aan die interlaboratorium kontroleskemas waarvolgens kwaliteit van resultate gemonitor word. In dié verband neem NviroTek ook deel aan die internasionale CTS- skema vir ontleding van gronde via die Mehlich-ekstrak.
Betroubare resultate binne kort omdraaitye vorm die basis van ons verhoudings met kliënte.
Besoek die webwerf www.nviroteklabs.co.za
NWET (Network Embedded Technologies) is ’n inligtingstegnologiemaatskappy wat ‘n wye areanetwerk vir datakommunikasie verskaf en bestuur. NWET verskaf ook harde- en sagteware aan kliënte – die installering en instandhouding daarvan is deel van hierdie diens.
Die diens wat NWET aanbied, behels onder andere ook rekenaarbedieners, sentrale verwerkers, e-posstelsels en datakommunikasie. NWET se besigheidsoplossings en draadlose kommuniksie word aan die Suidwes Groep asook privaatklante soos besighede en boerderye verskaf. NWET verskaf en bedryf ook ‘n hulplyn 24 uur per dag, sewe dae per week.
Besoek die webwerf www.nwet.co.za
Suidwesfin Versekering is geïntegreer in die Raddix Groep om te verseker dat ons aan kliënte nóg meer waarde bied as in die verlede.
Suidwes Makelary
Suidwes Makelary fokus op prysrisikobestuur en verhandeling op die JSE Termynbeurs vir kliënte. Die dienste sluit in:
- Aanlyn verhandelingstelsel
- Prysrisikobestuur modelle
- ‘n Volledige prysverskansingsdiens deur gebruikmaking van termynkontrakte en opsiekontrakte.
- ‘n Makelaarsdiens vir spekulatiewe transaksies in die opsie- en termynmarkte
- Deurlopende markinligting via verskeie media, sowel as persoonlike kontak
Die bostaande dienste is gefokus op die kliënt se spesifieke prysrisikobestuur- en verhandelingbehoeftes. Ingeligte SAFEX-makelaars is gereed om transaksies te fasiliteer om so aan ons kliënte kundige diens en toegang tot die stelsels, modelle en markte te bied.
PROTEK se professionele en toegewyde span mense bied aan kliënte ‘n volledige reeks produkte en dienste om peste en plae in en om die huis te bestry, asook bekostigbare plantvoeding.
Protek streef om die beste verskaffer te wees van:
• Gehalte produkte
• Uitmuntende diens
• Doeltreffende oplossings
• Waardetoevoeging
• Algemene ondersteuning
Protek bly op hoogte met die nuutste markontwikkeling en hersien deurlopend hulle produkreeks om te verseker dat die Protek-handelsmerk altyd die beste en mees doeltreffende oplossings vir kliënte bied.
Kontak Protek vir enige navrae oor hulle wye reeks produkte:
T: (011) 812-9800 of 0861 PROTEK (0861 77 68 35)
F: (011) 812-9823
Besoek die webwerf
www.proteksa.co.za