Suidwes Landbou (Edms) Bpk. /AFR Suidwes Landbou (Pty) Ltd. Fri, 07 Dec 2018 12:57:25 +0000 en-US hourly 1 https://wordpress.org/?v=4.0.3 toets /toets/ /toets/#comments Thu, 06 Dec 2018 07:56:25 +0000 /?p=5705 bla

]]>
/toets/feed/ 0
article1 /article1/ /article1/#comments Thu, 06 Dec 2018 07:44:44 +0000 /?p=5696 ons-eie-okt-nov-1Lorem Ipsum is simply dummy text of the printing and typesetting industry. Lorem Ipsum has been the industry’s standard dummy text ever since the 1500s, when an unknown printer took a galley of type and scrambled it to make a type specimen book. It has survived not only five centuries, but also the leap into electronic typesetting, remaining essentially unchanged. It was popularised in the 1960s with the release of Letraset sheets containing Lorem Ipsum passages, and more recently with desktop publishing software like Aldus PageMaker including versions of Lorem Ipsum.

]]>
/article1/feed/ 0
Vestiging van weiding /vestiging-van-weiding/ /vestiging-van-weiding/#comments Mon, 03 Dec 2018 13:26:57 +0000 /?p=5675  

Esmond Coen, Terratek

Met die oorweging om weidings te vestig moet ‘n paar faktore in ag geneem word wat bepaald ‘n invloed op die winsgewende produksie en gebruik van die weiding kan hê. Die fisiese aanplanting van die weiding moet voorafgegaan word deur deeglike beplanning. Van die belangrikste faktore wat oorweeg moet word met die vestiging van weiding sluit onder andere die volgende in:

  • Die produksie verwagting en/of gebruik van die weidings gewas. Byvoorbeeld vir hooi, weiding (intensiteit van beweiding – lig, medium of swaar) of vir watter vee produksie praktyk (melkproduksie, onderhoud van kudde, afronding van speenkalwers, of oorbruggingsweiding) word die weiding gevestig?
  • Is die bepaalde weiding geskik vir die grond- en klimaatstoestande?
  • Wat is die voordele en nadele van ‘n spesifieke weidingsgewas, en hoe pas die eienskappe in by die bestaande boerderypraktyke?
  • Sal die grootte van die aanplanting en produksie kapasiteit van die gewas en grond aan die gevraagde behoefte voldoen?
  • Sal daar aan die bemestingsbehoefte van die voergewasse voldoen kan word asook die tyd van toediening.
  • Die regstelling van pH en grondvoedingstekorte voor vestiging.

Die laasgenoemde is een van die belangrikste aspekte siende dat pH en fosfaat regstellings na aanplanting nie baie effektief gedoen kan word nie. Gevolglik het dit n nadelige impak op die produksie vermoë van die bepaalde weiding.

Grondvrugbaarheid en voorbereiding

Neem grondmonsters om die kunsmisbehoeftes en pH van die grond te bepaal. Die optimum fosfaat vlakke is 25 mg/kg en vir kalium is dit 80-120 mg/kg. Die pH(KCl) vlakke moet tussen 5 en 5.5 na bekalking wees en die suurversadiging 10% of laer. Indien natuurlike veld of ou weidings vir die aanplant van nuwe weiding(s) omgeploeg word, moet die stikstof negatiewe periode in die grondoplossing in ag geneem word. Die stikstof negatiewe periode ontstaan as gevolg van die organiese materiaal wat in die grond ingewerk word wat stikstof opneem vir die afbreek proses. Die stikstof word eers op ‘n latere stadium vrystel en raak dan eers beskikbaar in die grondoplossing vir die weidings om op te neem. Hierdie probleem kan oorbrug word deur addisionele stikstof soos ureum toe te dien met die voorbereiding van die saadbed. Bekalking vir pH regstellings en fosfaat bemesting/regstelling kan ook gedurende hierdie voorbereidings periode gedoen word sodat dit deeglik ingewerk en vermeng kan word.

 

Planttyd

Die optimale planttyd is gedurende Januarie en Februarie, en in warmer areas kan die vestiging in Maart plaasvind om te verhoed dat saailinge swaarkry in die hitte. Die finale saadbed voorbereiding kan ‘n paar weke voor plant gedoen word om kans te gee om ferm te word en vog te stoor.

Onkruidbeheer

Onkruidbeheer is van kardinale belang gedurende die periode en moenie oorgesien word nie. Dit is belangrik om die saailinge ‘n kans te gee om goed te vestig deur die kompetisie van onkruide om vog en voedingstowwe uit te skakel. Onkruidbeheer na plant is moeilik en in baie gevalle oneffektief. Daar is wel produkte geregistreer vir die bestryding van onkruide in sommige weidingsgewasse maar dit kan die saailinge benadeel. Indien meganiese onkruidbeheer oorweeg word moet ‘n sny-eg of vlaktand bewerking voor plant gebruik word. Die onkruidvrye saadbed gee die saailing die geleentheid om ‘n goeie wortelstelsel te ontwikkel voor die aanvang van die wintermaande.

Vestiging

‘n Voldoende plantmengsel is nodig met plant om te verseker dat die jong plant se kragtige vegetatiewe groei bevorder word. Rol die saadbed vas voor plant en volg dit op met ‘n vasrol nadat daar geplant is. Die saad moet nie met ‘n eg of met enige implement toegegooi word nie. Ideale plantdiepte is gewoonlik 1-1.5 cm. Die plant van saad in rye is meer suksesvol as uitsaai, alhoewel met die regte voorbereiding kan daar goeie resultate verkry word met ‘n breedwerpige saai aksie. Met droëlandtoestande moet die grondprofiel tydens planttyd nat wees vir suksesvolle vestiging, terwyl die boonste lagie grond droog kan wees. Ontkieming sal kan plaasvind met die eerste bui reën.

Bemesting

Die volgende riglyne kan vir onderhoudsbemesting gebruik word per ton hooi verwyder:

  • 10-20 kg stikstof (N)
  • 2-1.4 kg fosfor (P)
  • 12-15 kg kalium (K)

In hoë reënvalstreke moet bemestingspeile vir die opbrengspotensiaal aangepas word. Hoër aanvullende kunsmis, veral kalium, moet toegedien word waar hooi gesny word.

Algemene riglyne

Nuut gevestigde weidings moet nie te vroeg bewei word nie. Eenjarige weidings kan na 6 tot 8 weke na plant lig bewei word. Met meerjarige weidings kan daar eers oorweeg word om lig te bewei na 8 weke, maar moet eerder kans gegee word vir goeie vestiging. Sommige meerjarige weidings lewer eers volle produksie vanaf jaar twee. Swaar beweiding kort na vestiging moet dus vermy word.

Die koste om weidings te vestig is hoog, daarom is dit belangrik om dit reg te doen. Kontak gerus Terratek by (018) 581 1016 vir ’n ingeligde en winsgewende konsultasie.

]]>
/vestiging-van-weiding/feed/ 0