Suidwes Handel

rocky-le-roux

Rocky le Roux

HUB: Handel

Tel: 018 581 1085
Sel: 082 317 7656
rocky@suidwes.co.za

willie-wiggett

Willie Wiggett

Nuwe Besigheid Ontwikkeling Bestuurder: Handel

T: (018) 581 1087
S: 083 449 0958
willie.wiggett@suidwes.co.za

philip-le-roux

Phillip le Roux

Verkrygingsbestuurder

philliplr@suidwes.co.za

SUIDWES HANDEL se 20 handelstakke en een veevoerdepot is deur die bedieningsgebied versprei. Dit verseker dat boerderybenodigdhede vir klante beskikbaar is. ‘n Span toegewyde aankopers verseker dat ‘n wye verskeidenheid produkte aangehou word om in alle klante se behoeftes te voldoen.

Van die produkte wat beskikbaar is, is onder andere:

  • veevoer en veemiddels;
  • saad, kunsmis en plantplaagbeheer;
  • algemene hardeware en gereedskap;
  • brandstof, olie en gas;
  • besproeiingsbenodigdhede;
  • boumateriaal;
  • ‘n wye verskeidenheid omheiningsmateriaal;
  • tuingereedskap en -benodigdhede; en
  • ander landboubenodigdhede.

Suidwes Handel glo in persoonlike diens aan die individu, kundige advies aan klante en `n goeie waarde-vir-geld produkreeks. Om klante se koopervaring so aangenaam as moontlik te maak, is die volgende bykomende voordele beskikbaar om aankope te vergemaklik:

  • Express-rekeninge tot en met R20 000 per maand;
  • 30-dae vooraf-goedgekeurde maandrekening; en
  • Kredietfassiliteite

Suidwes Handel se produkreekse, die aantreklike en sinvolle uitleg van winkels en die kwaliteit van produkte is uniek in die Landboubedryf. Suidwes Handel verstaan dat die behoeftes van klante in verskillende gebiede uniek is en voldoen graag aan hulle voorkeure. Hierdie behoeftes rig die aankoop van produksiebenodigdhede. Elke takbestuurder is verantwoordelik vir sy tak se voorraadbestuur. Daarom is die klant verseker van persoonlike diens en beproefde produkte. Suidwes Handel se kundige bemarkers is ook beskikbaar met raad en inligting oor produkte om klante by te staan om die regte keuse te maak en waarde vir geld te kry.