2017-mediaverklaring-banner

 

 

 

 

 

28 AUG 2017

VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING

(475 woorde)

Senior aanstellings by Suidwes Landbou

  1. Hoof Uitvoerende Beampte van AgriCapital: Mnr Aubrey Marais.

Mnr Aubrey Marais is tydens ‘n seleksie proses as die mees geskikte kandidaat bevorder tot Hoof Uitvoerende Beampte van AgriCapital.

“Met 18 jaar se ondervinding in die bankwese, waarvan die grootste gedeelte daarvan in ‘n bestuurshoedanigheid was, is mnr Marais se insette en bydrae van groot waarde vir enige finansieringsbesigheid”, sê Van Schalkwyk, Groep Hoof Uitvoerende Beampte van Suidwes. Marais is reeds 6 jaar werksaam by Suidwes Landbou as Bestuurder: Kontrakfinansiering.

Marais beskik oor ‘n BCom -graad in Ekonomie en Bankwese (NWU) sowel as ‘n MBA-graad (NWU).

Marais is baie opgewonde oor die nuwe geleentheid en sien daarna uit om onder die leiding van dr Van Schalkwyk, finansiering by Suidwes tot nuwe hoogtes te neem en ‘n nog beter diens te lewer aan produsente en klante. Marais sal op 01 September 2017 in die nuwe hoedanigheid diens aanvaar.

  1. Hoof Uitvoerende Beampte van Handel: Mnr Rocky le Roux.

Mnr Rocky le Roux is aangestel as die nuwe Hoof Uitvoerende Beampte van Handel.

Mnr le Roux was vir 12 jaar in die onderwys waarna hy in 1998 die kleinhandelbedryf betree het. Mnr le Roux beskik oor 19 jaar se bestuursondervinding by verskeie landbou besighede, waartydens hy blootstelling gekry het aan alle fasette van die kleinhandel.

Le Roux beskik oor ‘n B.Sec.ed-graad in Opvoedkunde (UV) sowel as ‘n MSS-graad (UNISA).

Volgens van Schalkwyk het mnr le Roux in sy kapasiteit as Handelsbestuurder by verskeie landbou maatskappye, nie net takke uit ‘n verliessituasie gedraai na winsgewende ondernemings en groeipunte nie, maar ook met rekord- winste afgesluit. Die veranderingsbestuur- en die leierskapsvaardighede waaroor hy beskik, dra daartoe by om verskaffers en klante deur goeie kommunikasie en onderhandeling te oorreed om deel van die wenkultuur te word.

Mnr le Roux plaas sterk fokus op beplanning en die implementering van strategiese planne asook die opleiding en motivering van personeel. Le Roux sal op 1 Oktober 2017 diens aanvaar.

  1. Hoof Uitvoerende Beampte Inligting Tegnologie en Projekbestuurder vir die implementering van Syspro: Mnr Patrick Nelissen.

Na 6 jaar as Hoof Uitvoerende Beampte van Handel het mnr Nelissen vanaf 01 Jun 2017 oorgeneem as Hoof Uitvoerende Beampte van Inligtings Tegnologie. Hy is ook verantwoordelik vir die implementering van die SYSPRO-rekenaarstelsel vir die Groep as Projekbestuurder.

Volgens Dr Herman van Schalkwyk, Groep Hoof Uitvoerende Beampte van Suidwes Landbou verg die implementering van die nuwe Suidwes rekenaarstelsel kundige en toegewyde projekbestuur en het dit ‘n direkte impak op dienslewering en besigheidseffektiwiteit. “ Ek het volle vetroue in Patrick om die projek suksesvol af te lewer.” sê van Schalkwyk.

Deon Badenhorst

Bestuurder: Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie

T: 018-581 1192

deonb@suidwes.co.za

www.suidwes.co.za