9 Julie 2019

Senior aanstellings by Suidwes Landbou

Groep Hoof Finansiële Beampte: Me Debbie Bester

Me Debbie Bester is aangestel as Groep Hoof Finansiële Beampte van Suidwes Landbou.
Me Bester het aanvanklik haar loopbaan begin by PwC in 2005 waarna sy in 2013 aangestel is as Assistent Groep Finansiële Bestuurder en in 2014 bevorder tot Groep Finansiële Bestuurder. In 2018 is Bester aangestel as waarnemende Groep Hoof Finansiële Beampte. “Gedurende die laaste ses maande het me Bester reeds ‘n groot bydrae gemaak in strategiese besluitneming, asook finansiële vooruitskatting en begrotingsbestuur vir die maatskappy.”, sê van Schalkwyk, Suidwes Groep Hoof Uitvoerende Beampte. Bester is ‘n Geoktrooieerde Rekenmeester. Bester, wat reeds vir ses maande in die pos waargeneem het, is baie opgewonde oor die nuwe geleentheid en sien daarna uit om onder leiding van dr van Schalkwyk, korporatiewe finansiële bestuur by Suidwes tot nuwe hoogtes te neem. Bester het reeds diens aanvaar.

Hoof Uitvoerende Beampte van AgriCapital en Terratek:

Dr Flippie Cloete

Dr Flippie Cloete is aangestel as die nuwe HUB van AgriCapital/Finansiering.
Dr Cloete was sedert 2004 verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, asook die Universiteit van Noordwes. Gedurende 2017 is dr Cloete aangestel as Bestuurder: Terratek by Suidwes Landbou.
Cloete beskik oor ‘n PhD-graad in Landbou Ekonomie (UVS). Volgens dr Herman van Schalkwyk is dr Cloete se kundigheid in landbou-ekonomie, asook sy kennis van landbou-finansiering, ‘n groot voordeel vir die maatskappy. Cloete het reeds sedert November 2018 waargeneem as Hoof Uitvoerende Beampte van AgriCapital. Die aanstellings is onmiddellik van krag.

Deon Badenhorst
Bestuurder: Korporatiewe Bemarking en Kommunikasie
T: 018-581 1192

deonb@suidwes.co.za
www.suidwes.co.za

debbie-engelbrecht

Me Debbie Bester is aangestel as Groep Hoof Finansiële Beampte van Suidwes Landbou

Dr Flippie Cloete is aangestel as die nuwe Hoof Uitvoerende Beampte van AgriCapital/Finansiering

Dr Flippie Cloete is aangestel as die nuwe HUB van AgriCapital/
Finansiering